Die Vereniging
Die Vereniging moet op ‘n algemene jaarvergadering ‘n Uitvoerende Komitee verkies om die besigheid en sake van die Vereniging te bestuur en te beheer. Dit sluit in; instandhouding van openbare ruimtes, goedkeuring van bouplanne, afdwinging van die grondwet en huisreëls, die invordering van heffings, die oplê van boetes en die oplos van geskille.
Die komitee moet uit minstens sewe lede bestaan en moet ‘n Voorsitter, ‘n Ondervoorsitter, ‘n Sekretaris en ‘n Tesourier aanstel. Elke komiteelid beklee die amp vir ‘n tydperk van drie jaar. Indien ‘n komiteelid bedank, moet die komitee ‘n plaasvervanger aanwys. Die komitee kan bykomende lede, soos ‘n tesourier, koöpteer of aanstel. Lede word nie betaal om op die komitee te dien nie.
Die komitee moet minstens vier keer per jaar vergader met ‘n kworum van minstens vier lede. Bykomende vergaderings kan van tyd tot tyd gehou word soos benodig.
Die komitee is wetlik verplig om akkurate finansiële jaarstate voor die AJV aan lede voor te lê waarop hierdie rekeninge deur lede op AJV goedgekeur moet word. Die rekeninge word gehou deur ‘n professionele boekhouer, wat ook as die Tesourier op die komitee gekoöpteer kan word.
Die Uitvoerende Komitee wat tydens die Algemene Jaarvergadering in Augustus 2022 verkies is, bestaan uit:
Voorsitter
Paul Riley
Verantwoordelik vir Veiligheid
Vise-voorsitter
Dion Fuller
Sekretaris
Robyn Louw
(PPC skakeling)
Addisionele lede
Rosa Kruger
(Parke, Tuine en Munisipale Aangeleenthede)
John-Henry Roberts
(Brand en Veiligheid)
Lynne Glass
(Algemene assistent, Ongegund-Wes Skakeling)
Gekoöpteerde lede
Warrick Raubenheimer
(Bouplanne en goedkeuring)
Koos Myburg
(Hulp met administrasie en sekuriteit)
Annatjie Foot
Tesourier (nie-lid van die komitee)
- Sien ook die Algemene Jaarvergadering.
- Vir meer besonderhede oor die Komitee, sien artikels 10 – 14 van die Grondwet.
