Die Grondwet
Die samestelling, verantwoordelikhede en werksaamhede van die Vereniging word in die Grondwet uiteengesit. Hierdie dokument van 16 bladsye gee besonderhede oor die doelwitte, lidmaatskap, heffings en finansies, die beheerkomitee en vergaderings en rekeningkundige- en ouditprosedures.
Die grondwet is in 2002 opgestel toe die Vereniging gestig is, en word periodiek hersien om veranderinge in wetgewing te weerspieël.
Die Grondwet is hoofsaaklik gemoeid met die Vereniging en sy werksaamhede en funksies. Die verantwoordelikhede en gedrag van inwoners word in die Huisreëls en Gedragskode uiteengesit. Die Grondwet maak voorsiening vir boetes en strawwe vir oortredings van die huisreëls en van die kontrakteurs se verpligtinge.
- Lees of laai ‘die Grondwet‘ af,
die ‘Huisreëls‘ en die
‘Kontrakteur se registrasie en verpligtinge’
