Brandseisoenkennisgewing

Geagte Inwoners

Ons nader die droë en warm somermaande met die immer teenwoordige bedreiging van wegholbrande.

Ons wil alle huiseienaars en huurders daaraan herinner om te verseker dat alle lang gras en uitheemse plantegroei op u eiendom voor 15 November 2024 gesny en afgekap word.

Ons is bewus van die feit dat meeste van die oop areas en erwe hierdie lente en vroeë somer twee of selfs drie keer skoongemaak moes word, maar dit is ‘n weerspieëling van die heerlike nat winter wat ons gehad het!

Deur die gras kort te hou en die uitheemse plantegroei uit te roei, kan voorkom word dat brande gedurende die komende droë maande versprei.

Onthou asseblief ook om jou eiendom skoon en netjies te hou. Gebruik die munisipale dienste om jou swartsakke op die sperdatums te verwyder. Alle bourommel en plastiekdromme, plastieksakke en enige vullis moet asseblief skoongemaak en uit Ongegund verwyder word.

Neem asseblief kennis dat geen vullis of tuinmateriaal op u eiendom verbrand mag word nie. Rapporteer asseblief enige tekens van vuur of rook by ‘n komiteelid.

Dankie vir u samewerking met hierdie saak.

Brand- en veiligheidswenke

  • Hou altyd ‘n “grypsak” met jou belangrike dokumente daarin.
  • Ken take toe aan familielede of personeel, soos om troeteldiere of kinders in die motor te plaas en hulle na veiligheid by ‘n vriend se huis te ry, weg van enige brand- en rookgevaar.
  • As jy moet bly en help om brande te bestry, bedek jou kop, neus en mond en beskerm jou oë met ‘n bril. Dra goeie skoene en handskoene.
  • Deur die dak en geute nat te maak, kan gekeer word dat vonke en warm as die dak aan die brand steek.
  • Hou gras gesny aangesien kort gras help om vuur te vertraag.
    Hou ‘n tuinslang opgerol en gereed om brande te blus.
  • Hou ‘n brandblusser in die kombuis en lei personeel of familielede op hoe om dit te gebruik.
  • As jy vrywillig op die berg in ‘n veldbrand werk, neem ‘n graaf – dit help om vuur dood te slaan en om sand op smeulende graspolle te gooi.
  • Onthou altyd, jou eie veiligheid kom eerste.
  • Terug tot Nuus blad